Sunday 8 May 2011

'n Elegie vir Maggie.

Met moedersdag hier op ons voorstoep, het ek 'n elegie vir my ma geskryf en wil dit graag deel:

Ek het gesit en gedink. Toe het ek gele en gehuil. Ek het myself vergryp aan 'n skaterlag, maar toe besef ek wat ek moet doen. Hierdie is vir jou, ma.

'n Elegie vir Maggie

Ek het vinning groot geword in  'n paar kort jare. Hierdie gaan oor 'n vrou met deursettingsvermoe, liefde en prag. Maar genoeg oor my, die elegie is vir jou (ha ha ha).

Ek het gewonder waarmee ek jou kan vergelyk, watter tipe alletirasie ek in jou eer kon vorm, en toe slaan dit my tussen die oe, (hence the headaches...of is dit die kaas?). In my gedagtes stap ek in Nicholson straat af op 'n bed jakarandas. Die gevoel wat mens daar kry is onvergelykbaar, nes met jou. Mens voel klein en nederig tog voel dit of jy magtig is. Die jakaranda blom is vir my 'n simbool van baie dinge.  Eerstens is dit die kleur wat my altyd aan jou laat dink, (nie fanta grape nie, but hey).
Die reuk. Die vorm. Die vreugde. Nes dit wat 'n jakaranda blom vir my stad beteken, beteken jy dit oor en oor vir my. Onvergelykbaar.

Ek sit en blaai deur die bladsye van jou lewensverhaal, en tussen elke blaai is daar seer, blydskap en emansipasie. Die nostalgie bedwelm my met sy soet gesange van ons tye saam. Tye wat gekenmerk word aan bar one's, milkshakes, poefter toffies, kuns en kultuur en elke liedjie wat op die radio speel is een wat my aan jou herhinner en vanaand maak dit seer want ek soek meer, meer van jou.

Ek kan nooit genoeg by jou leer nie. My siel dors na jou wysheid en ek probeer dit soos 'n spons op suig. Wat ek  by jou leer kan die academici maar van vergeet. Hierdie proffies vergeet wat dit is om net te wees. I think therefor I am, eerder as I breathe and therefor I fart...

Maggie, jy is my Mary-Lynn. Ek het nie soos jy of sy gevoel nie, want ek het 'n ma wat alles vir my sal gee, sy het gese: "I knew I belonged to the world, because I never belonged to anyone else." Sy het ook gese klein dogtertjies moet hoor dat hulle mooi is. Ek sien in my geestesoog hoe die skadu oor jou wange en wimpers val...in profiel is jy pragtig. Natuurlike skoonheid.

My hart bloei vanaand soos die van 'n hemofilia leier wat my herhinner dat ons verganklik is en ek besef meteens dat ek vleesbaar in jou teenwoordigheid is en dat my wereld doelloos en alleen sal wees sonder jou daarin. Ek wil jou teen my vasdruk en vir ewig koester, want vir my is jy meer werd as goud of kristalle en selfs Thai silk.

Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om my innige dank (nie drank nie) oor jou uit te stort. Wie is ek? Wie en wat is ek om iemand so magies soos jy te verdien as my mentor en ma?

Die sluise van my hart moet vir eers toe gemaak word aangesien die dam van waardering en liefde besig is om in jou eer te oorstroom.
Maggie, jy is my asem, jy is my moed, jy is my geduld. Jy is my alfa en omega.
Tot ek nie meer is nie, sal ek lief wees vir jou

-----------  n -----------

Wednesday 20 April 2011

bRoKeN sPhErE

bRoKeN sPhErE

This darkness that surrounds me,
shows a different story than what is told.
If you learn to believe in beyond you can see,
the destiny that life is about to unfold.

Being part of this solitary muse,
leads to a sporadic way of living.
Fighting, injuries, not even the harsh distruction of abuse,
can stop this being, the Nephilim from giving.

This broken sphere i find myself in,
the existence of half human and angel,
this hideous but beautiful dream i'm running in,
makes me understand each and every chaotic night.

No one can sapp me from my courage anymore,
by being something i am, something you are not.
You can start to learn how to adorne,
or start your dark descent into your phantasma, into your world...